Die eerste "projek" wat mnr. Andries Pretorius vir my aangepak het, was die bou van n miniatuur mynskag vir n blommeskou.
Na 25 jaar pryk my mynskaggie nog steeds in ons tuin en het dit met die minimum instandhouding die aanslae van wind en weer deurstaan.
Sederdien het AP Carports & Fencing projekte van 'n veel ernstiger aard vir my voltooi:
In 2014 is 'n ou buitekamer se dak herstel en die gebou opgegradeer om dit geskik te maak vir verhuring.
In 2015 het mnr Pretorius geute en dakwerk herstel om 'n voorganger se bouwerk so goed moontlik reg te maak.
Wat my telkens opgeval het, is die professionaliteit en eerlikheid wat ALTYD deel van die pakket is.
Die vakmanskap en kwaliteit van werk wat deurgans gehandhaaf word, is van hoogstaande gehalte.
Stiptelikheid, netheid en perfeksionisme is 'n integrale deel van mnr Pretorius se karakter.
Ek kan mnr Pretorius se dienste ten sterkste aanbeveel.
|